KLM

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
KLM
KLM vloot
IATA: KL
ICAO: KLM
Roepsein: KLM
Gestig: 1919
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkantoor: Amstelveen, Nederland
Hooflughawe: Lughawe Schiphol Amsterdam
Voorsitter: P.F. Hartman (CEO)
Passasiers 23,4 miljoen (2007/2008)
Medewerkers 33 022
Omset: 553 miljoen EUR
Balansstaat:
Bonusprogram: Flying Blue
Alliansie: Sky Team
Bestemmings: 148
Vloot: 203 vliegtuie
Webtuiste: http://klm.com
KLM se hoofkantoor in Amstelveen.
'n Boeing 777-200ER.

Koninklijke Luchtvaartmaatschappij (KLM) of internasionaal bekend as Royal Dutch Airlines is Nederland se grootste lugvaartmaatskappy en die oudste lugvaartmaatskappy ter wêreld. KLM se hooflughawe en spil is Schiphol. In Mei 2004 het die Franse lugdiens (Air France) die lugdiens oorgeneem deur middel van 'n ruil van aandele. Weens regsoorwegings bly die twee lugdienste eers aparte ondernemings, wat steeds hulle eie handelsmerke en veral die SkyTeam-alliansie insluit.

Geskiedenis[wysig]

KLM is op 7 Oktober 1919 gestig. Die eerste vlug was op 17 Mei 1920 van Croydon lughawe, Londen, na Amsterdam. In 1920 het KLM 440 passasiers en 20 ton vrag vervoer en in 1921 het hul eerste geskeduleerde vlugte begin.

1940's[wysig]

Toe die Duitsers op 10 Mei 1940 Nederland binneval, het KLM alle Europese aktiwiteite gestaak. Die hoofkantoor is verplaas na Willemstad, Curaçao en die aktiwiteite op die Amerikaanse kontinente het voortgegaan. Na die oorlog was KLM die eerste lugredery om 'n geskeduleerde vlug tussen Europa en New York te begin.

1950's[wysig]

In 1950 verhoog die aantal passasiers wat KLM vervoer tot 356 069 en in November 1958 begin KLM die eerste poolroete, na Tokyo.

1960's & 1970's[wysig]

In Maart 1960 het KLM die eerste DC-8 in sy vloot opgeneem en in 1966 die eerste DC-9. Die DC-8 was die grootste vliegtuig van sy tyd. In 1971 het KLM die eerste lugdiens geword om die groot Boeing 747-200B aan te koop.

1980's & 1990's[wysig]

In 1980 styg KLM se passasiers tot 9 715 069. In 1983 het Boeing die boonste dek van 'n aantal 747-200s verleng. In Junie 1989 het KLM die eerste Boeing 747-400 in die vloot opgeneem en 'n jaar later het KLM en Northwest Airlines 'n alliansie begin. KLM vervoer 16 miljoen passasiers in 1990.

2000's[wysig]

In Maart en Junie 2002 het KLM aangekondig dat die Boeing 767 en die 747-300 vervang sou word deur die Boeing 777 en die Airbus A330. Die eerste 777 is op 25 Oktober 2003 in diens geneem en die eerste A330 op 25 Augustus 2005.

2010 tot vandag[wysig]

In November 2010 het KLM aangekondig dat Martinair (deel van KLM) die vervoer van passasiers sou staak en dat al Martinair se werknemers oorgeplaas sou word na KLM.

Sedert Maart 2011 werk KLM saam met InselAir op roetes in die Karibiese gebied.

Eksterne skakels[wysig]