Kaapse galaxias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaapse galaxias
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Protacanthopterygii
Orde: Osmeriformes
Familie: Galaxiidae
Subfamilie: Galaxiinae
Genus: Galaxias
Spesie: G. zebratus
Binomiale naam
Galaxias zebratus
(Castelnau, 1861)
Sinonieme

Cobitis punctifer Castelnau, 1861
Cobitis zebrata Castelnau, 1861
Galaxias capensis Steindachner, 1894
Galaxias dubius Gilchrist & Thompson, 1917

Die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus) is 'n varswatervissie wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor in bergstrome vanaf die Olifantsrivier tot by die Gamtoosrivier. In Engels staan die vis bekend as die Cape galaxias.

Voorkoms[wysig]

Die vissie is klein, met 'n slanke, tingerige, silindriese lyf sonder skubbe. Die dorsale vin is agter op die rug, regoor die anale vin en die stertvin is reguit. Die vis het groot en is deurskynend ligbruin van kleur. Daar kom soms donker vlekke of strepe op die vis voor. Hulle word tot 75 mm lank.

Habitat[wysig]

Die vissie leef in stadigvloeiende strome naby die oewers waar beskerming is. Hulle kom soms voor in staande en vinnigvloeiende waters. Alhoewel die vissie klein is, is hulle taai en kan 'n verskeidenheid tipe water en temperatuurverskille oorleef. Hulle klein lyf en kleur verleen beskerming teen roofvisse en hulle vreet ongewerweldes wat op die water dryf. Die vissie broei in die lente of somer; afhangend van plaaslike toestande.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]

Bron[wysig]