Kaki King

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaki King
Kaki King at TED 2008.jpg
Geboortenaam Katherine Elizabeth King
Alias Kaki King
Geboorte 24 Augustus 1979
Atlanta, Georgia (VSA)
Genre(s) Instrumentele rock, eksperimentele rock
Instrument(e) Akoestiese kitaar, elektriese kitaar, Hawaiïse kitaar, tromme, klavier
Aktiewe jare 2001 — hede
Uitgewer(s) Velour, Sony
Webwerf www.kakiking.com
Portal.svg Musiekportaal

Kaki King is gebore op 24 Augustus 1979 as Katherine Elizabeth King en is 'n Amerikaanse kitaarspeelster, sangeres en liriekeskryfster, afkomstig uit Atlanta, Georgia.

Styl[wysig]

King se styl sluit in om teen die kitaar met haar hande te slaan en ander slapbastegnieke. Sy gebruik die kitaar vir perkussiese ritmes, asook vir klanklae en herhaling, wat 'n perkussiese en ingewikkelde klank meebring. Haar speelstyl lyk op dit van Michael Hedges en Preston Reed.[1] Sy noem ook laasgenoemde uitdruklik as 'n hoofinvloed van haar musiek.[2] Alhoewel sy haar styl en van deel met die kitaarspeler Justin King, is die twee nie aan mekaar verwant nie.

Vroeë lewe[wysig]

As kind het haar vader haar aangemoedig om by musiek betrokke te wees, en alhoewel sy op 'n vroeë ouderdom aan kitaar blootgestel is, was haar eerste ernstige instrument die tromme. King het in hoërskoolmusiekgroepe gespeel saam met haar klasmaat Morgan Jahnig, baskitaarspeler van Old Crow Medicine Show. By matrikulasie vanuit The Westminster Schools in Atlanta het die twee vriendinne hul weg na New York University gemaak. Terwyl sy daar was het King weer die kitaar begin bespeel, ná jare se afskeep daarvan. Sy het 'n paar konserte uitgevoer en het ook in die New Yorkse moltreinstasies informeel gespeel.[3][4]

Diskografie[wysig]

  • Everybody Loves You (2003)
  • Legs to Make Us Longer (2004)
  • ...Until We Felt Red (2006)
  • Day Sleeper (Australiese toer-EP) (2007)
  • Dreaming of Revenge (2008)
  • Black Pear Tree (2008) (met The Mountain Goats)
  • Mexican Teenagers EP (2009)

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]