Kakie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
#C3B091
Polisiemanne in Indië in hulle kakie gekleurde uniforms.

Kakie is 'n bruinerige aardse kleur. Die woord kakie is afgelei van Hindoestanies (wat opsig self vanaf die Persiese woord khak afgelei is), wat "stowwerig" beteken. Die kleur word algemeen deur weermagte reg oor die wêreld gebruik vir uniforms en kamoeflering. Kakie gekleurde uniforms was byvoorbeeld deur die Britse magte tydens die Anglo-Boereoorlog gedra.

Kleurkoördinate[wysig]

Volgens verskeie kleurskemas word kakie as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #C3B091
RGB kleurmodel (195, 176, 145)
HSV (37°, 26%, 76%)

Alternatiewe betekenis[wysig]

Kakie kan ook na 'n Engelse soldaat verwys. In die lied, Sarie Marais, word byvoorbeeld gesing:

Cquote1.svg Ek was so bang

dat die kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur.

Cquote2.svg

Sien ook[wysig]