Kamdeboo Nasionale Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kamdeboo Nasionale Park
Land Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Naaste dorp Graaff-Reinet
Ligging van Kamdeboo Nasionale Park op 'n kaart (Oos-Kaap)
Kamdeboo Nasionale Park
Kamdeboo Nasionale Park
Koördinate: 32°15′0″S 24°30′0″O Koördinate: 32°15′0″S 24°30′0″O
Oppervlak 20 000 ha
Openingsjaar 2005
Bestuursliggaam SANParke
Webblad Kamdeboo Nasionale Park
Uitsig oor die Vallei van Verlatenheid in Kamdeboo Nasionale Park.

Die Kamdeboo Nasionale Park is geleë rondom die dorp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap Provinsie. Die park is eers in 2005 geproklameer en beslaan 20 000 hektaar. Die mees unieke punt in die park, wat meestal uit Karoo ekosisteem bestaan, is die Vallei van Verlatenheid, 'n unieke klompie dolomiet pilare wat 90 tot 120 meter hoog staan. Die voet van die Sneeuberge en die Nqweba-dam van 1 000 hektaar is in die Kamdeboo Nasionale Park geleë. Die Sondagsrivier voed dié dam. Die bekende Spandaukop (1 316 m) is ook in die park geleë. Die hoogste punt in die park is 1 565 m bo seevlak.

Wildlewe[wysig]

'n Aantal wildsoorte word in die park aangetref, insluitend:

Ongeveer 250 voëlspesies en 10 visspesies kom ook hier voor; onder andere die Vleikurper, Grootbek-baars en Karp.

Plantlewe[wysig]

Daar kom verskeie bome in die park voor. Die soetdoring is baie prominent, veral naby die dam.

Akkommodasie[wysig]

  • Nqweba kampterrein
  • Lakeview tentkamp
  • Gastehuise, hotelle en 'n karavaanpark in die dorp

Algemeen[wysig]

Die N9 nasionale pad loop deur die park. Daar word beplan om in die toekoms die Kamdeboo Nasionale Park met die Bergkwagga Nasionale Park te verbind, wat 'n bewaringsgebied van 520,000 ha in die Karoo sal vestig.

Bron[wysig]

  • National Parks and Nature Reserves. Chris & Mathilde Stuart. Struik Travel and Heritage. 2012. ISBN 978-1-77007-742-3