Kamenni-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Koördinate: 59°58′48″N 30°17′24″E

Kamenni-eiland
Inheemse naam: Каменный остров
Die ligging van Kamenni-eiland (no. 5 op die kaart)
Die ligging van Kamenni-eiland (no. 5 op die kaart)
Geografie
Ligging Golf van Finland
Oppervlak 10,6 km2
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Stad Sint Petersburg
Kamenni-eiland in 2011.

Kamenni-eiland (Russies: Каменный остров, Kamenni ostrof) is ’n eiland van 10,6 km2[1] in Sint Petersburg, Rusland, wat in die delta van die Newarivier lê tussen die Groot- en die Klein-Newa. Dit is een van die mooiste en groenste dele van Sint Petersburg.

Naam[wysig]

Kamenni ostrof kan vertaal word as "Klipeiland". Volgens legende het ’n groot klip aan die suidkus van die eiland op die bodem van die Newa gelê wat bo die water uitgetroon het, vandaar die naam.

In die Sowjet-tyd het die eiland saam met Krestofski- en Jelagin-eiland die Kirof-eilande gevorm.

Geskiedenis[wysig]

Pieter die Grote het die eiland geskenk aan graaf Gavriil Golofkin, kanselier van die Russiese Ryk. Nadat hy in onguns geraak het, het die eiland gegaan aan sy opvolger, graaf Aleksei Petrowitsj Bestoezjef-Rjoemin. ’n Dekade later het keiserin Elisabeth dit aan haar susterskind en opvolger, keiser Pieter III, gegee.

In die 19de eeu was die eiland die tuiste van somerhuise (datsjas) van die Russiese adel. Aan die oostekant van die eiland staan die Kamennoostrofski-paleis wat vir keiser Paul gebou is, en die Neo-Gotiese Kerk van Sint Johannes van Jerusalem wat gebou is ter viering van die oorwinning in die Slag van Tsjesma. Dit is dikwels deur Aleksander Poesjkin besoek en ’n paar van sy laaste gedigte dateer uit dié tydperk.

Na die westekant lê verskeie wonings uit die begin van die 20ste eeu en van die beste Art Nouveau-geboue in die stad. In die Sowjet-tyd was daar regeringshuise op Kamenni-eiland en dit is vandag nog die geval.

Verwysings[wysig]

Verdere leesstof[wysig]

  • Витязева, В.А. Каменный остров. Л., 1975. (ru)

Eksterne skakels[wysig]