Kamieskroon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kamieskroon
Ligging van Kamieskroon op 'n kaart (Noord-Kaap)
Kamieskroon
Kamieskroon
Koördinate: 30°12′S 17°56′O Koördinate: 30°12′S 17°56′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Kamiesberg
Tydsone SAST (UTC+2)

Kamieskroon is 'n dorpie in die hartjie van Namakwaland, sowat 67 km suid van Springbok en 46 km noord van Garies in die Noord-Kaap, Suid-Afrika geleë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Dit het in 1924 ontstaan toe die hele dorpie Bowesdorp 7 km suid hierheen verskuif is weens laasgenoemde se ligging in 'n smal kloof waar daar 'n gebrek aan water was. Die eerste NG gemeente in Namakwaland is in 1850 op Bowesdorp gestig, maar ná die verskuiwing het Kamieskroon sy eie NG gemeente in 1938 gekry. Die kerkgebou van klip in die middel van die dorp is 'n besonderse kenmerk van Kamieskroon. Die Khoi het na die omliggende berge as "Thamies" verwys. Die koppie by die dorp het 'n eienaardige piek wat aan 'n kroon herinner. Vandaar die naam.

Suid van die dorp, langs die pad na Garies, is die graf van 'n gesneuwelde Engelse soldaat, lt. Charles Darter, te sien. Die N7 nasionale pad gaan deur Kamieskroon.

Sien ook[wysig | wysig bron]