Karië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van Karië
Antieke teater te Kaunos, Karië

Karië (van Loewiaans Karoewa wat "styl land" beteken, Antieke Grieks, Καρία) was 'n streek van wes-Anatolië, vanaf die kus van mid-Ionië (Mykale) suidwaarts tot Lycië en ooswaarts tot Phrygië. Die Ioonse en Doriese Grieke het die weste daarvan gekoloniseer en het die Kariese bevolking aangevul om Grieks-oorheersde state daar te vorm. Die inwoners van Karië, weens hul tuisland as Kariërs bekend, was reeds lank voor die Grieke in Karië aanwesig. Volgens Herodotos se beskrywing was hulle van Minoïese afkoms,[1] terwyl die Kariërs hulself beskryf het as komende van die Anatoliese vasteland, met uitgebreide seevarende belange, en as bloedverwante van die Mysiane en die Lydiane. Die Kariërs het nie 'n Anatoliese taal gebesig nie, wat nogtans nie as aanduidend van hul geografiese oorsprong gesien moet word nie, aangesien Anatolies op 'n tyd wydverspreid kon wees. Ook in noue verband met die Kariërs was die Lelegers, wat 'n vroeëre benaming vir die Kariërs kon wees, of vir 'n volk wat hulle in die streek voorafgegaan het en voortbestaan het as 'n ondergroep van hul gemeenskap, na bewering in 'n hoedanigheid van laer status.

Verwysings[wysig]

  1. Die Geskiednisse, Boek I Afdeling 171.

Sien ook[wysig]