Karin Dreijer Andersson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karin Dreijer-Andersson
Fever Ray.jpg
Karin Dreijer as Fever Ray tydens 'n konsert in 2009.
Geboortenaam Karin Elisabeth Dreijer
Geboorte 7 April 1975
Beroep(e) Sangeres, musikant
Genre(s) Elektronika, alternatief
Aktiewe jare 1994 — hede
Last.fm Karin Dreijer Andersson
Assosiasies The Knife, Honey Is Cool, Fever Ray
Portal.svg Musiekportaal

Karin Elisabeth Dreijer Andersson (* 7 April 1975) is 'n Sweedse musikant en sangeres en hoofsaaklik bekend vir haar rol as hoofsangeres vir die musiekgroep The Knife, 'n musiekduo wat sy met haar broer Olof Dreijer gevorm het. Andersson was voorheen die sangeres en kitaarspeelster vir die groep Honey is Cool. Terwyl The Knife op 'n hiaat is, het sy haar solodebuutalbum in 2009 onder die naam Fever Ray vrygestel. Andersson is verder ook bekend vir haar samewerking met die Noorse groep Röyksopp, waar sy in treffers soos "What Else is There?" die voorsang behartig het.