Karl Friedrich Schinkel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karl Friedrich Schinkel
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Karl Friedrich Schinkel in 1826, skildery deur Carl Begas

Gebore 13 Maart 1781
Neuruppin
Oorlede 9 Julie 1841 (op 60)
Berlyn, Koninkryk Pruise
Nasionaliteit Flag of the Kingdom of Prussia (1803-1892).svg Koninkryk Pruise
Beroep argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper
Huweliksmaat Susan Berger
Kind(ers) Marie (* 1810), Susan (* 1811), Karl Raphael (* 1813) en Elisabeth (* 1822)

Karl Friedrich Schinkel (* 13 Maart 1781 in Neuruppin; † 9 Oktober 1841 in Berlyn) was 'n Pruisiese argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper wat 'n vormende invloed op die Klassisistiese kuns in Pruise gehad het.

As leier van die Oberbaudeputation het hy toesig oor byna alle openbare bouprojekte in die Koninkryk Pruise uitgeoefen en hulle ten opsigte van hulle ekonomiese, funksionele en estetiese waarde geëvalueer. Schinkel het as Pruisiese hoofboudirekteur en koninklike argitek gefungeer. Sy bouwerke oorheers nog steeds die historiese middestad van Berlyn. Die Schinkelskool - meerdere generasies van argitekte wat onder sy stylvormende invloed gestaan het - is na hom vernoem.