Kasjoeneut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kasjoe
Anacardium occidentale
Kasjoevrugte gereed om te oes in Kollam, Indië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Anacardium
Spesie: A. occidentale
Binomiale naam
Anacardium occidentale
L.

Die kasjoeboom (Anacardium occidentale) is 'n tropiese immergroen plant wat kasjoeneute en kasjoeappels produseer. Dit groei so hoog as 14 meter (46 voet), maar die dwergkasjoe, wat tot 6 meter (20 voet) hoog word, is as meer winsgewend bewys omrede sy vroeër volwassenheid en hoër opbrengste.

Die kasjoeneut dien as 'n versnapering en word gebruik in kosresepte, soos ander neute, maar dit is eintlik 'n saad. Die kasjoeappel is 'n vrug wat se pulp in 'n soet vrugtedrankie verwerk word of gedistilleer kan word tot 'n likeur.

Die dop van die kasjoeneut lewer opbrengste wat in baie toepassings gebruik kan word, van smeermiddels tot verf, en ander dele van die boom is tradisioneel gebruik vir slangbyte en ander tradisonele geneesmiddels.

Kasjoe kom oorspronklik inheems voor in die noordooste van Brasilië, maar die boom word nou wyd verbou in tropiese gebiede, waarvan Viëtnam en Nigerië die grootste produsente verteenwoordig,[1] asook Indië, die Ivoorkus en Indonesië.

Top tien produseerders van Kasjoeneute in 2010
Land Produksie
(metrieke ton)
Opbrengs
(MT/hektaar)
Vlag van Nigerië Nigerië 650,000 1.97
Vlag van Indië Indië 613,000 0.66
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 380,000 0.44
Vlag van Viëtnam Viëtnam 289,842 0.85
Vlag van Indonesië Indonesië 145,082 0.25
Vlag van Filippyne Filippyne 134,681 4.79
Vlag van Brasilië Brasilië 104,342 0.14
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau 91,100 0.38
Vlag van Tanzanië Tanzanië 80,000 1.0
Vlag van Benin Benin 69,700 0.29
Wêreldotaal 2,757,598 0.58
Bron: Food & Agriculture Organization[2]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Ranking of Countries by Commodity”. Fao.org: 2011. URL besoek op 2014-01-21.
  2. Major Food And Agricultural Commodities And Producers - Countries By Commodity”. Fao.org: 2011. URL besoek op 2012-08-18.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.