Kaspiese See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto van die Kaspiese See
Kaart wat die Kaspiese See vertoon
Stepka Razin Seil oor die Kaspiese See, deur Wasili Soerikof, 1906
Die seestrand by Khezeshahr

Die Kaspiese See (Azerbeidjans: Xəzər dəniz, Kasaks: Каспий теңізі, Persies: دریای خزر/دریای مازندران, Russies: Каспийское море‎, Turkmeens: Hazar deňizi) is die grootste soutmeer en die grootste ingeslote waterliggaam ter wêreld. Die oppervlakte daarvan beslaan ongeveer 371 000 km².

Die Kaspiese See is geleë in Wes-Asië en 'n uithoek van Oos-Europa sonder toegang tot die oseane, en binne die groot Aral-Kaspiese laeland. Die Kaspiese See word in die noorde deur Rusland en Kasakstan, in die ooste deur Turkmenistan, in die suide deur Iran en in die weste deur Azerbeidjan begrens.

Die belangrikste riviere wat die Kaspiese See binnevloei is die Oeral-rivier en die Wolga. Die grootste stad wat aan die see geleë is, is Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kaspiese See (kategorie)