Catherine, Hertogin van Cambridge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kate Middleton)
Spring na: navigasie, soek
Catherine
Catherine, Hertogin van Cambridge
Kate Middleton at the Garter Procession 2008.jpg
Volle naam Catherine Elizabeth Mountbatten-Windsor, gebore Middleton
Eggenoot Prins William, Hertog van Cambridge
Titels * Catherine, Hertogin van Cambridge
* SKH die Hertogin van Cambridge
Huis Windsor
Vader Michael Francis Middleton
Moeder Carole Elizabeth Middleton, gebore Goldsmith
Gebore 9 Januarie 1982, Bucklebury,
Berkshire
Kate en William
Tydens die bruilof

Catherine, Hertogin van Cambridge (Engels: Catherine, Duchess of Cambridge), [1] 'gewone' naam: Catherine Elizabeth (Kate) Mountbatten-Windsor, gebore Middleton, (gebore 9 Januarie 1982 in Reading, graafskap Berkshire) is die Engelse eggenote van die Britse Prins William, Hertog van Cambridge, wat die tweede aanspraakmaker op die Britse troon is.

Lewensloop[wysig]

Hertogin Catherine het in Bucklebury in die graafskap Berkshire grootgeword. Sy het die St. Andrew's School in Pangbourne in die graafskap Berkshire, en die Marlborough College in die graafskap Wiltshire bygewoon, en daarna kunsgeskiedenis aan die Skotse Universiteit van St Andrews gestudeer. Van November 2006 tot Oktober 2007 werk sy by die klerefirma Jigsaw, en sedert einde 2008 by Party Pieces, 'n posorderbedryf vir feesbenodighede en dekorasies wat aan haar ouers behoort.

Sy is nie van adellike afkoms nie en is 'n lid van die Anglikaanse Kerk. Sy het 'n jonger suster (Pippa, gebore 1983) en broer (James, gebore 1987).

Kate en William het mekaar in 2001 aan die Universiteit van St Andrews leer ken. Hulle het sedert 2002 'n verhouding en het in Oktober 2010 verloof geraak. Die paartjie is op 29 April 2011 getroud. Die 17de-eeuse Engelse generaal Thomas Fairfax is hulle gemeenskaplike voorouer. Die paartjie woon in Anglesey, 'n eiland in die noordweste van Wallis.

Op 22 Julie 2013 skenk sy geboorte aan 'n babaseuntjie in 'n Londense hospitaal. Die Britse Koningshuis het 'n paar dae later bekend gemaak dat die nuweling die name George Alexander Louis, oftewel Prins George van Cambridge sal dra. Die naam George, wat deur ses konings gedra is, is ook die naam van Koningin Elizabeth II se pa, George VI, wat die Britte tydens die Tweede Wêreldoorlog verenig het.[2]

Aanspreekvorm[wysig]

  • Tot 29 April 2011: juffrou Catherine Middleton (Engels: Miss Catherine Middleton)
  • Sedert 29 April 2011: HKH die Hertogin van Cambridge (Engels: HRH The Duchess of Cambridge)

Volle aanspreekvorm in die Engelse taal: Her Royal Highness The Princess William Arthur Philip Louis, Duchess of Cambridge, Countess of Strathearn, Baroness Carrickfergus, Master of Arts.

Verwysings[wysig]

  1. Sedert 29 April 2011.
  2. En die klein prins se naam is..., Nuus24, 25 Julie 2013

Bronne[wysig]

  • Duitse, Engelse en Nederlandse Wikipedias.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: