Katsedam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Katsedam in Lesotho.

Die Katsedam is in die hooglande van Lesotho in die Malutiberge en vorm deel van die Lesotho-Hoogland-waterprojek. Die dam is in die Malibamatsorivier en in 1997 voltooi.

Die damwal[wysig]

Die damwal is 'n dubbele geboë beton boogdam. Die kruin is 710 m lank en die wal bevat 2.3 miljoen m3 beton. Die wal is 60 m dik onder by sy basis. Die opvanggebied van die dam is 1867 km2. Dit is die hoogste dam (bokant seevlak) in Afrika. Die wal is 185 m hoog en die oorloop bestaan uit 10 hekke, elk 16 m wyd en 17 m hoog. Die afloopwater word opgebreek en val in 'n spesiaalgeboude plonsdam van 32 m hoog.

Reservoir[wysig]

Satellietfoto van die reservoir.

Die reservoir wat deur die dam gevorm word, is nou en baie diep met 'n oppervlakte van slegs 35.8 km2. Die klein oppervlakte en lae verdampingsvlak by die dam verseker dat die verlies as gevolg van verdamping slegs 10% van die Vaaldam s'n is.

Tonnel en Innametoring[wysig]

Die Katsedam met inlaattoring.

Daar is 'n tonnel van 82 km met 'n deursnee van 4.8 m vanaf die dam na die Asrivier in Suid-Afrika. Alle water vanaf die Lesotho-Hoogland projek word deur die tonnel aan Suid-Afrika gelewer. Die innametoring na die tonnel is sowat 18 km noord van die dam met 'n vermoë van 70m3/s. Die toring is 23 m in deursnee en 98 m hoog. As gevolg van die posisie van die inlaattoring word die effektiewe kapasiteit van die reservoir beperk van 1 950 miljoen m3 tot 1 520 miljoen m3. Die tonnel mond uit net buite Clarens op die Bethlehempad in die Asrivier.

Bronne[wysig]