Kaviaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kaviaar, volgens die Voedsel-en Landbou-organisasie, is 'n produk gemaak van die soutgekuurde viseiers van die Acipenseridae familie. Die viskuit kan vars (nie-gepasteuriseerd) of gepasteuriseerd wees, pasteurisasie verminder die kulinêre en ekonomiese waarde. [1]

Salmkuit (links) en steurkaviaar (regs) word op 'n spesiale lepel bedien
Die skaarste en duurste kaviaar kom van die krities-bedreigde Belugasteur in die Kaspiese See.

Tradisioneel verwys die term kaviaar slegs na viskuit van die wilde steur in die Kaspiese en Swart See [2] (Beluga, Ossetra en Sevruga kaviaar). Afhangende van die land, kan die woord kaviaar ook gebruik word om die viskuit van ander vis soos salm, reënboogforel, en witvis te beskryf. [3] en ander spesies van steurvis.[4][5]

Kaviaar word as 'n duur lekkerny beskou en as 'n garnering of 'n smeer geëet.

Verwysings[wysig]

  1. Volgens Jean-Pierre Esmilaire, Directeur Général van Caviar House & Prunier: "tweederde van kaviaar se smaak gaan verlore tydens pasteurisasie." (in "Three-star caviar", Caterersearch - The complete information source for hospitality, 1 February 2001). Judith C. Sutton verklaar ook dat gepasteuriseerde kaviaar nie so goed smaak of die konsistensie van vars kaviaar het nie, dus vermy kaviaarliefhebbers dit eerder." (in Judith C. Sutton, Champagne & Caviar & Other Delicacies, New York, Black Dog & Leventhal, 1998, p. 53.)
  2. lan Davidson, Tom Jaine, The Oxford companion to food, Oxford University Press, 2006, ISBN 0-19-280681-5, ISBN 978-0-19-280681-9, p. 150.
  3. A History of Smith Bros. branded whitefish caviar (1920 - 1989) (USA)
  4. Caviar, American Caviar, Sturgeon Caviar, Black Caviar, Salmon Caviar”. Affordablecaviar.com. URL besoek op 2012-08-18.
  5. RomanoffŽ Caviar”. Marzetti.com. URL besoek op 2012-08-18.