Keiser-snapper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Keiser-snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Lutjanidae
Genus: Lutjanus
(Bloch, 1790)[1]
Spesie: L. sebae
Binomiale naam
Lutjanus sebae
(Cuvier, 1816)[2]
Sinonieme
  • Diacope civis (Valenciennes, 1831)[3]

Die Keiser-snapper (Lutjanus sebae) is 'n vis wat voorkom in die tropiese Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf die Oman tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Emperor snapper.

Voorkoms[wysig]

Die volwasse visse is donkerrooi van kleur met 'n silwer kolletjie op elke skub. Die onvolwasse vis is silwerwit met drie bruin vertikale bane oor die lyf. Die bane verdwyn soos die vis verouder en die vis word tot 1.1 m lank en weeg dan 33 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 5 – 180 m diep is en vreet gedurende die nag. Hulle vreet krap, garnale, kreef, vis, mondpotiges en tjokka. Die volwasse visse is alleenswemmers en territoriaal van aard. Die onvolwasse word soms gesien waar hulle voorkom saam net Diaema seekastaiings. Die vis bereik volwassenheid wanneer hulle 60–70 cm lank word en skiet kuit oor die riwwe. Dit is 'n gewilde hengelvis maar kan ciguatera vergiftiging veroorsaak.

Sien ook[wysig]

Prague sea aquarium
Prague sea aquarium
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Keiser-snapper (kategorie)

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig]