Kenneth Mopeli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Tsiame Kenneth Mopeli (geb. 20 September 1930) was die Hoofminister van die Suid-Afrikaanse Bantoestan QwaQwa.

Mopeli is gebore in Namahadi en het sy BA (Hons) aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) in 1954 verwerf. Daarna het hy as onderwyser en radio-omroeper by die SAUK gewerk voordat hy 'n lid geword het van die QwaQwa Gebiedsowerheid.

Mopeli het die Dikwankwetla Party gestig en die party het 'n oorwinning in die QwaQwa verkiesings van 19 Mei 1975 behaal. Hy het gevolglik die eerste Hoofminister van QwaQwa geword. Mopeli het die tuisland regeer totdat QwaQwa weer by Suid-Afrika in April 1994 ingeskakel het.