Kilogram

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kg)
Spring na: navigasie, soek
'n Rekenaar gegenereerde beeld van die Internasionale Prototipe Kilogram (“IPK”). Die IPK is die kilogram. Hier is dit langs 'n duimliniaal geplaas om die skaal te toon. Die IPK is gemaak van 'n platinum-iridiumallooi en word gestoor in 'n kluis by die IBMG in Sèvres, Frankryk. Soos ander prototipes, is die rante van die IPK afgekant op vier hoeke om slytasie te verminder.

Die kilogram (simbool: kg) is die basiseenheid van massa in die internasionale eenheidstelsel (genoem SI-stelsel vanaf die Franse frase, Le Système International d'Unités)) deel van die moderne standaard soos gebruik in die metrieke stelsel. Die kilogram word gedefinieer gelyk aan die massa van die Internasionale Prototipe Kilogram[1] (IPK), met bykans dieselfde massa van een liter water. Dit is die enigste SI basiseenheid met 'n SI-voorvoegsel deel van die naam. Dit is ook die enigste SI-eenheid wat steeds gedefinieer word as 'n kunsproduk eerder as 'n fundamentele fisiese eienskap wat geproduseer kan word in verskillende laboratoriums.

Bronne[wysig]

  1. Resolution of the 1st CGPM (1889)”. BIMP.