Khayelitsha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Khayelitsha
Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.
Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.
Ligging van Khayelitsha op 'n kaart (Wes-Kaap)
Khayelitsha
Khayelitsha
Koördinate: 34°2′25″S 18°40′40″O Koördinate: 34°2′25″S 18°40′40″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Oppervlak
 - Townsip 38,71 km²  (14,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Townsip 391 749
 - Digtheid 10 120/km² (26 210,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7783

Khayelitsha (uitgespreek: ˌkaɪ.əˈliːtʃa) is ’n gedeeltelik informele township in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad geleë is. Die naam is Xhosa vir Nuwe Tuiste. Dit is na bewering die grootste [1] en vinnigs groeiende township in Suid-Afrika[2].

Khayelitsha het ’n geskatte bevolking van 392 00 in 2011 gehad en lê 'n paar kilometer met die N2 langs. Sowat 90,5% van die inwoners is swart, 8,5% bruin en 0,5% wit. Die meeste mense praat Xhosa. [3][4]

Sowat 70% van die inwoners woon in plakkershutte en ’n derde moet minstens 200 meter loop na ’n waterbron.[1] Khayelitsha bestaan uit 22 gebiede – sommige oud en gevestig, ander jonger en informeel. Die ouer gebiede wat om en by die apartheids-era gebou is, is Bongweni, Ikwezi Park, Khulani Park, Khanya Park, Tembani, Washington Square, Graceland, Ekuphumleni en Zolani Park.[5]

Nuwer gebiede wat om die ou gebiede gebou is, sluit in Site B, Site C, Green Point, Litha Park, Mandela Park, Makaza en Harare.[5] Buiten Litha Park bevat dié gebiede baie plakkers- en informele agterplaas-hutte.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Khayelitsha met Tafelberg op die agtergrond.
Khayelitsha met Tafelberg op die agtergrond.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.