Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
Киргизская Советская Социалистическая Республика
Vlag van Kirgisiese SSR Wapen van Kirgisiese SSR
Vlag Wapen
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie
Ligging van Kirgisiese SSR
Hoofstad Froenze (tans Bisjkek)
Grootste stad Froenze (tans Bisjkek)
Amptelike tale Kirgisies, Russies
Regering
Sosialisties
Onafhanklikheid
Bestaan
Van
Tot


14 Oktober 1924
31 Augustus 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
198 500 km2  (7de)
Bevolking
 - 1989-skatting
 - Digtheid
 
4 257 800 (10de)
21,4 / km2
Geldeenheid roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
+5 (UTC)
+ (UTC)
Internet-TLD .su
Skakelkode +

Die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Kirgisies: Кыргыз Советтик Социалисттик Республикасы, Kirgiz Sowettik Sotsialisttik Respoeblikasi; Russies: Киргизская Советская Социалистическая Республика, Kirgizskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as Kirgizstan of Kirgisistan, was van 1936 tot 1991 een van die vyftien republieke van die voormalige Sowjetunie en was die voorloper van die huidige Kirgisië.

Dit is op 14 Oktober 1924 gestig as die Kara-Kirgisiese Outonome Oblast en was deel van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. Op 1 Februarie 1926 het dit die Kirgisiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek geword wat steeds deel was van die RSFSR. Op 5 Desember 1936 het dit tydens die finale fase van die afbakening van die USSR ’n aparte republiek van die Sowjetunie geword as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek.

Die land het hom op 31 Augustus 1991 onafhanklik verklaar nadat dit die vorige dag hernoem is tot die Republiek van Kirgisië.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]


Republieke van die Sowjetunie

Armeense Sosialistiese SowjetrepubliekAzerbeidjanse Sosialistiese SowjetrepubliekEstniese Sosialistiese SowjetrepubliekGeorgiese Sosialistiese SowjetrepubliekKazachstanse Sosialistiese SowjetrepubliekKirgisiese Sosialistiese SowjetrepubliekLettiese Sosialistiese SowjetrepubliekLitause Sosialistiese SowjetrepubliekMoldawiese Sosialistiese SowjetrepubliekOekraïnse Sosialistiese SowjetrepubliekOezbekistanse Sosialistiese SowjetrepubliekRussiese Sosialistiese Federale SowjetrepubliekTadjikistanse Sosialistiese SowjetrepubliekTurkmeense Sosialistiese SowjetrepubliekWit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek