Kirstenbosch

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Toneel in die Kirstenbosch botaniese tuin

Kirstenbosch is teen die voet van Tafelberg in Kaapstad geleë, en is een van agt Nasionale Botaniese Tuine wat oor vyf van Suid-Afrika se ses verskillende biome versprei is. Die tuin is 560ha groot en die grond is in 1902 deur Cecil John Rhodes geskenk aan die nasie.

Toe Kirstenbosch, die mees bekende van die Tuine, in 1913 gestig is om die land se unieke flora te bewaar, was dit die eerste botaniese tuin ter wêreld met hierdie etos. Wat hierdie Tuine verder wêreldwyd bekendmaak is dat slegs inheemse plante verplant word.

Vanaf 1 September 2004 staan die Nasionale Botaniese Instituut bekend as die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI).

Beeldgalery[wysig]