Klein Sunda-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Klein Sunda-eilande
Kaart wat die Klein Sunda-eilande vertoon
Kaart wat die Klein Sunda-eilande vertoon
Geografie
Ligging Suidoos-Asië, Oseanië
Koördinate 9°00′S 120°00′O
Argipel Sunda-eilande
Hoofeilande Bali, Lombok, Sumbawa, Flores, Atauro en Timor
Oppervlak 87 700
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Bali, Wes-Nusa Tenggara, Oos-Nusa Tenggara, Maluku
Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Demografie
Bevolking 12 000 000
Satellietbeeld van die Klein Sunda-eilande

Die Klein Sunda-eilande is 'n eilandgroep van ses groter en baie kleiner eilande in die Maleise argipel wat saam met die Groot Sunda-eilande tot die Sunda-eilande behoort. Die ses groter eilande is Bali, Lombok, Sumbawa, Flores, Atauro en Timor. Die grootste deel van die eilande word deur Indonesië beslaan en in die oostelike deel van Timor is die land Oos-Timor geleë, wat sedert 2002 'n onafhanklike land vorm.

Die Klein Sunda-eilande is geleë tussen Java in die weste, Borneo, Sulawesi en die Molukke in die noorde, Nieu-Guinee in die ooste en die kontinent Australië in die suidooste.