Kleinglansspreeu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinglansspreeu
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Sturnidae
Genus: Lamprotornis
Spesie: L. nitens
Binomiale naam
Lamprotornis nitens
(Linnaeus, 1766)
Kleinglansspreeu in Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.

Die kleinglansspreeu (Lamprotornis nitens, in Engels Cape Glossy Starling of Red-shouldered Glossy-starling) is 'n spreeu in die familie Sturnidae. Dit kom voor in Angola, Botswana, Republiek Kongo, Gabon, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië, en Zimbabwe.

Identifikasie[wysig]

Die kleinglansspreeu is gewoonlik so 25 cm groot en weeg tussen 65 tot 112 g. Dit is 'n relatief groot glansspreeu met 'n kort stert wat van die ander blouoorspreeus verskil deurdat dit 'n uniform glansgroen kop sonder donkerblou oordekvere het, plus 'n rooibrons skouerplekkie en glansgroen pens en sye (geen blou of magenta op sye nie). Dit is groter as die swartpensglansspreeu met heelwat helderder, glansender vere, en die pens is glansgroen en nie 'n vaal swart nie. Die jong voël is valer en het strooigeel (nie helder oranjegeel nie) oë.

Habitat[wysig]

Die kleinglansspreeu woon in savanne, gemengde bosgebied en tuine. Dit kom gereeld in heelwat dorre gebiede voor.

Ander name[wysig]

  • Wetenskaplike naam: Lamprotornis nitens
  • Engelse naam: Cape Glossy Starling of Red-shouldered Glossy-starling

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]