Kleinkolmuskejaatkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinkolmuskejaatkat
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Viverridae
Subfamilie: Viverrinae
Genus: Genetta
Spesie: G. genetta
Binomiale naam
Genetta genetta
Linnaeus, 1758
Verspreiding
Verspreiding

Die kleinkolmuskejaatkat of kleinkolmuskeljaatkat (Genetta genetta) is 'n karnivoriese soogdier wat regoor Afrika aangetref word, sowel as in dele van die Midde-Ooste en Europa (spesifiek Spanje, die Baleariese Eilande en dele van Frankryk).

'n Gemiddelde volwasse kleinkolmuskejaatkat het 'n massa van 2 kg, 'n lengte van 95 cm en 'n hoogte van 20 cm en verskil slegs in die kleur van sy kolle van rooikolmuskejaatkat.

Die kleinkolmuskejaatkat vang ander klein soogdiere en voëls en sal ook kuikens uit neste opraap. Dié wat naby water woon sal ook soms padda's vang en eet. Kleinkolmuskejaatkatte is sluipjagters en dood hulle prooi met 'n vinnige byt aan die nek. Hulle skerp kloue help hulle om hulle prooi neer te pen.

Die wyfie is vir 10-11 weke dragtig, waarny sy geboorte gee aan een tot drie kleintjies. Die kleintjies is aanvanklik blind en hulpeloos. 'n Kleinkolmuskejaatkat het 'n moontlike lewensduur van 12 tot 13 jaar.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Verwysings[wysig]

  1. Herrero, J. & Cavallini, P. (2008). Genetta genetta. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 06 Junie 2010.

Bronnelys[wysig]

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Genetta genetta by die Animal Diversity Web-werf van die Universiteit van Michigan.