Kleinmond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinmond
Ligging van Kleinmond op 'n kaart (Wes-Kaap)
Kleinmond
Kleinmond
Koördinate: 34°21′0″S 19°2′0″O Koördinate: 34°21′0″S 19°2′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Overstrand
Oppervlak
 - Stad 12,15 km²  (4,7 vk m)
Hoogte m (0 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 6 396
 - Digtheid 530/km² (1 372,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7195
Skakelkode(s) 028
Kleinmond se Haweweg huisves talle kuns-, snuistery- en interieurwinkels, asook restaurante.

Kleinmond is 'n kusdorp in die Wes-Kaap, in die Overbergstreek, is een van die dorpe in die Overstrand Plaaslike Munisipaliteit en is geleë tussen Bettysbaai en Hawston naby Hermanus.

Dit het 'n permanente bevolking van ongeveer 4000 persone, maar word in vakansietye deur ongeveer 20 000 mense bewoon.

Kleinmond se ekonomie is hoofsaaklik van toerisme afhanklik. Die dorpie se dienstesektor is goed ontwikkel en maak voorsiening vir die meeste behoeftes van sy inwoners en besoekers. Dit is ook 'n gesogte aftreedorp. Die strand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Omgewing[wysig]

Die Palmietrivier-opvanggebied aan die weste is 'n ekologies-sensitiewe area, waar goeie eksemplare van fynbos waargeneem kan word. Die rivier met sy donker, palmietwater is ook 'n gesogte swemplek, een van die min riviere in die Wes-Kaap waar mense in suiwer water kan swem.

Naby aan Kleinmond is daar die Kogelberg Natuurreservaat, maar toegang is slegs moontlik met 'n geldige permit.

Aan die oostekant van die dorp is daar 'n toegangspad na die Botriviervlei, 'n gebied waar die beroemde wilde perde gedy, en voëlkykers die bedreigde Swarttobie kan sien.

Die bergreeks agter die dorp het goed-ontwikkelde wandelpaaie wat 'n manjifieke uitsig op die kuslyn en vleilandskap bied.

Sien ook[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg