Kleinpelikaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinpelikaan
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Pelecaniformes
Familie: Pelecanidae
Genus: Pelecanus
Spesie: P. rufescens
Binomiale naam
Pelecanus rufescens
Gmelin, 1789

Die kleinpelikaan (Pelecanus rufescens) is reuse-, wit watervoëls met groot lywe, kort bene en gewebde voete, lang nekke, lang snawels en kaal, rekbare keelsakke onder die ondermandibel. Hulle vang vis deur in 'n swerm saam te kom en 'n skool visse na die vlak water aan te keer waar hulle die vís dan in hul keel-sakke opskep. Hulle loop koddig, maar stygsweef soms sonder moeite hoog die lug in.

Identifikasie[wysig]

Volwassenes in nie-broeidrag het 'n grys rugkant, terwyl die kop en onderkant gryserig-wit is. Die liggeel snawel het 'n pienk punt en die pote is vaalgeel. Word in vlug aan die vlerke wat gryserig van onder is en donkergrys (nie swart nie) vlugvere van die (Pelecanus onocmtalus), onderskei. 'n Volwassene in broeidrag se snawelsak is 'n ryk geel kleur en die bo-mandibel het 'n pienk rand; die pote is 'n ryk oranjegeel kleur; die pienk vere op sy rug is van naby af sigbaar en het lang pluimvere op die kop. Onvolwassenes het 'n roesbruin kop, nek en rugkant, 'n wit onderkant, 'n liggeel snawel en keelsak; Hoewel baie kleiner as die Witpelikaan, het die Kleinpelikaan steeds 'n vlerkspan van ongeveer 2,4m en is 1,35m lank

Habitat[wysig]

'n Seldsame, gelokaliseerde standvoël. Die nes bestaan uit 'n groot hoop takke en stokke, waarin twee tot drie groot wit eiers gelê word. Die kleintjies druk hulle koppe diep in die volwassene se bek om die kos, wat bestaan uit halfverteerde vis en amfibiese diere by te kom.

Verspreiding[wysig]

Bevolkings wat nes maak, kom in KwaZulu-Natal en Noord-Botswana voor; elders 'n swerwer. Broei in Afrika, Suid-Arabië en Madagaskar in moerasse en laagliggende mere.

Ander name[wysig]

  • Engels: Pink-backed Pelican
  • Wetenskaplike naam: Pelecanus rufescens

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]