Kleinskub-rooivlerkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinskub-rooivlerkie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Pseudobarbus
Spesie: P. asper
Binomiale naam
Pseudobarbus asper
(Boulenger, 1911)

Die Kleinskub-rooivlerkie (Pseudobarbus asper) is 'n varswater vis wat voorkom in die Gamtoosrivier en sytakke van die Gouritsrivier. In Engels staan die vis bekend as die Smallscale redfin.

Voorkoms[wysig]

Daar is 'n paar baarde om die mond. Die volwasse mannetjie het prominente koniese tuberkels op die kop. Die vis is bruinerig aan die bokant en silwer-wit aan die onderkant. Daar is 'n horisontale, donker, onreëlmatige band oor die lyf. Die skubbe het donker middelpunte en die vis word tot 96 mm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in staande of stadig vloeiende poele met sagte of rots bodems. Hulle floreer in damme en kan in troebel water oorleef. Die jong visse leef in skole saam en die volwasse visse in klein groepies. Hulle vreet alge en detritus. Die vis broei in die somer.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]