Knobbeleend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Knobbeleend
'n Knobbeleendwyfie
(Sarkidiornis melanotos melanotos)
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Genus: Sarkidiornis
Eyton, 1838
Spesie: S. melanotos
Binomiale naam
Sarkidiornis melanotos
(Pennant, 1769)
Subspesies
S. m. melanotos; S. m. sylvicola

Die knobbeleend is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika.

Identifikasie[wysig]

'n Manlike knobbeleend

Hierdie eend is onmiskenbaar. Hulle het 'n swart nek, kop en onderlyf en glansende blou-swart rugkante. Die kop is gespikkeld met donker kolle. Die manlike voël is groter as die vroulike voël en het 'n groot swart knop op die snawel. Beide die manlike en vroulike voël het wit onderkante.

Habitat[wysig]

Die knobbeleend kom voor by varswater moerasse, damme en mere. Die eend eet hoofsaaklik plantaardige materiaal sowel as sade.

Verspreiding[wysig]

Hierdie eend broei in die trope in Suid-Amerika, Afrika suid van die Sahara en Indië. Die voëls broei hoofsaaklik in holtes van bome, en lê 7 tot 15 eiers.

Ander name[wysig]

'n Gedetailleerde skets van 'n kobbeleendmannetjie se kop.
  • Engelse naam: Comb Duck / Knob-billed Duck
  • Wetenskaplike naam: Sarkidiornis melanotos

Sien ook[wysig]