Kobalt-60

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kobalt-60 (60Co) is 'n kunsmatig vervaardigde radioaktiewe isotoop van kobalt en is 'n belangrike radioaktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker. Kobalt-60 het 'n halfleeftyd van 5,27 jaar en verval deur middel van negatiewe beta-verval in die stabiele isotoop nikkel-60 (60Ni). In die proses van verval straal kobalt-60 een elektron met 'n energie van tot 315 keV uit en dan twee gammastrale met energieë van onderskeidelik 1,17 en 1,33 MeV.