Kokerboomwoud

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kokerboomwoud in Keetmanshoop, Namibië.

'n Kokerboom is 'n alleenlewende plant. Kokerbome kom wydverspreid in hulle habitat voor, maar hulle groei selde in groepe. Unieke opvallende kokerboomwoude kom egter op drie plekke in die verspreidingsgebied van die plant voor, naamlik by Kenhardt, Nieuwoudtville en Keetmanshoop. Op Van Rhynsdorp is 'n kokerboomkewekery.

Kenhardt[wysig]

Sewe kilometer suid van Kenhardt in die Noord-Kaap op die R27 in die rigting van Brandvlei is 'n kolonie van 700 kokerbome waarvan sommiges tot 4m hoog is. 'n Wandelpaadjie van 4km is tussen die bome aangelê.

Keetmanshoop[wysig]

Op die plaas Gariganus, 14km noordoos van Keetmanshoop in Namibië, is 'n digte versameling van ongeveer 300 kokerbome. Die grootste bome is tussen die 200 en 300 jaar oud. Op 1 Junie 1955 is dit tot natuurmonument verklaar. Op die plaas is geriewe vir belangstellende besoekers beskikbaar.

Nieuwoudtville[wysig]

Teen 'n koppie op die plaas Gannabos tussen Loeriesfontein en Nieuwoudtvillle is die grootste kokerboomwoud. Dit lê ongeveer 25km van Nieuwoudtville tussen die paaie R357 en R27. Hierdie is die mees suidelike gebied waar die kokerboom voorkom. Van die grootste bekende kokerbome word hier aangetref en sommige word op ouer as 250 jaar geskat.

Namibie Quivertree Forest 01.JPG