Kokstad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kokstad
Noordelike uitbreidings van Kokstad.
Noordelike uitbreidings van Kokstad.
Bynaam: Chef City
Ligging van Kokstad op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Kokstad
Kokstad
 Kokstad se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°33′S 29°25′O Koördinate: 30°33′S 29°25′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Sisonke
Munisipaliteit Groter Kokstad
Stigting 1869
Oppervlak[1]
 - Dorp 51,57 km²  (19,9 vk m)
Hoogte 1 302 m (4 272 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 51 561
 - Digtheid 1 000/km² (2 590/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 87.4%
 • Kleurling 8.9%
 • Indiër/Asiër 1.3%
 • Blank 2.1%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 72.9%
 • Engels 9.1%
 • Afrikaans 6.8%
 • Zoeloe 5.8%
 • Ander 5.5%
Poskode (straat) 4700
Poskode (posbus) 4700
Skakelkode(s) 039
Webwerf: http://www.kokstad.org.za

Kokstad is 'n dorp in die Sisonkedistrik van Kwazulu-Natal, Suid-Afrika. Kokstad is vernoem na die Griekwa-hoof Adam Kok III wat hom in 1863 daar gevestig het.

Die dorp is teen die hange van die Drakensberge uitgelê, 1 302 m bo seespieël. Mount Currie styg 2 224 m hoog agter die dorp uit. Die dorp is vandag 'n belangrike landbousentrum en die middelpunt vir kaas en ander suiwelprodukte.

Geskiedenis[wysig]

In 1820 het die Griekwa-stam wat in Griekwastad (in sentraal Suid-Afrika) verdeel en onder leiding van Adam Kok III, afstammeling van Adam Kok I wat die stam gestig het, het een deel van die stam na Philippolis (Suidelike Vrystaat) getrek. In 1861 het verskeie honderd Griekwas oor die Drakensberge getrek na die Kokstadomgewing. Hulle trek is veroorsaak deur groeiende konfrontasie met die Voortrekkers wat as deel van die Groot Trek oor die Oranjerivier uit die Kaapkolonie wat toe onder Britse beheer was getrek het. Die Voortrekkers het huurregte oor Griekwa-grondgebied bekom en geweier om die grond terug te gee aan die einde van die huurtydperk. Die Groot Gat van Kimberley was die onderwerp van so 'n huurooreenkoms omstredenheid.

Die Griekwas is gedwing om oor die Drakensberge na 'n gebied wat te vore deur die Zoeloe koning Shaka se optrede grootliks ontvolk is wat as niemandsland bekend gestaan het. Teen die tyd dat die Griekwas in die nuwe gebied aangekom het, was hulle uitgeput en het meeste van hulle vee vergaan. Die verarmde Griekwas het die berg waar hulle hulle gevestig het Mount Currie genoem ter ere van Sir Walter Currie wat hulle vestiging in die gebied ondersteun het. Die gebied is deur Adam Kok Griekwaland-Oos herdoop. Alle Griekwa mans wat hulle in Griekwaland-Oos gevestig het, was geregtig op 'n 3 000 akker plaas. Meeste het egter hulle plase aan wit setlaars verkoop en die geld verkwis.

Toe die Eerwaarde William Dower in 1869 deur die Griekwas gevra is om 'n sendingstasie te vestig het hy toegestem onder die voorwaarde dat hulle hulle hervestig op 'n meer geskikte plek op die oewer van die Mzimhlavarivier.

Twee prominente Europese Setlaars George Brisley en Donald Strachan het 'n belangrike rol gespeel in die vroeë ontwikkeling van Kokstad en Griekwaland-Oos. Hulle winkel Strachan en Kie, het Suid-Afrika se eerste eie geldeenheid ingevoer – 'n stel ruilmunte wat in die hele streek, 'n gebied so groot soos Ierland, gebruik is.

In 1874 het Griekwaland-Oos deel geword van die Kaapkolonie. Die eerste hotel in Kokstad, Die Royal, is deur 'n swart Amerikaner geopen wat ook 'n koerant, die Kokstad Advertiser, in 1881 gestig het. Kokstad het in 1892 'n munisipaliteit geword. In 1904 is die bevolking op 2903 bepaal waarvan 'n kwart Griekwas was.

Met Uniewording in 1910 het Griewaland-oos en Kokstad deel gebly van die Kaapprovinsie. In 1976 is die gebied egter van die Kaap afgeskei deur die onafhanklikheid van die tuisland van Transkei. Griekwaland-Oos het 'n eksklawe van die Kaapprovinsie geword en is dus 'n paar jaar later deel gemaak van die Natalprovinsie en vorm daarom nou deel van KwaZulu-Natal en nie die Oos-Kaapprovinsie nie.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Kokstad”. Sensus 2011.