Koljander

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koljander
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Asterids
Orde: Apiales
Familie: Apiaceae
Genus: Coriandrum
Spesie: C. sativum
Binomiale naam
Coriandrum sativum
L.

Koljander (Coriandrum sativum) is 'n eenjarige krui en spesery wat oorspronklik in die Suidelike Europa en Noord-Afrika tot in Suidwes Asië voorgekom het. Beide die blare (wat soms cilantro of dhania genoem word) en sade word gebruik om smaak aan kerriegeregte, souse en slaaie te gee.

Koljander is 'n hoofbestanddeel in Indiese en Thaise kookkuns. Dit word ook algemeen in Boerekosgeregte (soos boerewors en droëwors) gebruik.