Koning Shaka Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koning Shaka Internasionale Lughawe
King Shaka International
KSIA-Passenger-Terminal.jpg
Ingang na passasiersterminaal
IATA: DURICAO: FALE
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Dube Tradeport Company
Operateur Airports Company South Africa
Bedien Durban, Suid-Afrika
Ligging La Mercy, KwaZulu-Natal
Spil vir
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 90 m / 295 vt
Koördinate 29°37′0″S 31°6′30″O Koördinate: 29°37′0″S 31°6′30″O
Webtuiste Koning Shaka Int. Lughawe
Landkaart
DUR is geleë in KwaZulu-Natal
DUR
Ligging in KwaZulu-Natal
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
06/24 3,700 12,139 Teer
Statistieke (2012)
Passasiers 4 747 224
Lugbewegings 50 853
Bron: Airports Company South Africa (ACSA)

Die Koning Shaka Internasionale Lughawe (IATA: DUR, ICAO: FALE) is 'n nuwe lughawe wat geopen is op 30 April 2010 sowat 40 km noord van Durban langs die N2 naby La Mercy. Die lughawe vervang die ou Durban Internasionale Lughawe (ICAO: ILB) wat suid van die stad geleë was en te klein geword het om meer passasiers te kon hanteer. Die eerste geskeduleerde vlugte het op 1 Mei 2010 plaasgevind, net meer as 'n maand voor die begin van die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi. [1]

Die lughawe is ontwerp deur Osmond Lange Argitekte en Beplanners en het sowat R 8 miljard gekos om te bou. [2] (ongeveer VS$900 miljoen [3]).

Hoewel die groter lughawe gebou is om die gebied se groeiende internasionale dienste te bedien, is dit ook 'n belangrike lughawe vir binnelandse dienste in Suid-Afrika, wat die "Goue Driehoek" tussen Kaapstad Internasionale Lughawe, O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en Koning Shaka deur 7 rederye verbind. Koning Shaka was die 9de besigste lughawe in Afrika volgens statistieke vir 2010, ten spyte van die feit dat dit vir die eerste vier maande nog nie oop was nie.

Die grootste vliegtuig wat tans geskeduleerde dienste na KSIL onderneem is die Boeing 777-300ER, met Emirates wat die Dubai—Durbanroete bedryf. Dit ten spyte van die feit dat KSIL se aanloopbaanlengte en terminale ontwerp is om teoreties gereeld groot vliegtuie te hanteer. Die grootste vliegtuie wat KSIL in 2010 aangedoen het, was die Airbus A340s van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, vir 'n kort tydperk rondom die 2010 FIFA Wêreldbeker. [4][5]

Op 27 Januarie 2014 het die wêreld se grootste vliegtuig, 'n Airbus A380-800 van die Britse Lugdiens op KSIL geland, die eerste A380 wat hier aandoen. Die vliegtuig word gebruik vir opleiding en sou tot 4 Februarie 2014 heelwat vlugte na en van die lughawe onderneem.

In 2013 het Skytrax aangekondig dat Koning Shaka Internasionale Lughawe die beste lughawe in die wêreld was van dié wat onder 5 miljoen passasiers per jaar gehanteer het. [6]

Verwysings[wysig]

  1. Beeld (koerant). 30 April 2010.
  2. Naidoo, Suren, "New Durban airport waiting for green light", IOL, 21 Junie 2007.
  3. Teen die gemiddelde wisselkoers in 2010 van 7.5 ZAR:1 VS$ by OANDA
  4. Airliners.net”.
  5. Airliners.netphotos”.
  6. World Airport Awards 2013