Koninkryk van Nieu-Seeland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gebiede van die Koninkryk van Nieu-Seeland.
Vlag van Koningin Elizabeth in Nieu-Seeland.
Vlag van die Goewerneur-Generaal van Nieu-Seeland.
Koningin Elizabeth II is die koningin van Nieu-Seeland.

Die Koninkryk van Nieu-Seeland (Engels: Realm of New Zealand) is die hele gebied, waarin die koningin van Nieu-Seeland die staatshoof is. Die Koninkryk bestaan uit Nieu-Seeland, die Cookeilande, Niue, Tokelau en die Ross-Afhanklikheid in Antarktika[1], en is gedefinieer deur 'n Patentbrief van 31 Oktober 1983 vanaf die kantoor van die goewerneur-generaal van Nieu-Seeland.[2]

Goewerneur-generaal[wysig]

Die Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland verteenwoordig die staatshoof van Nieu-Seeland (Elizabeth II in haar hoedanigheid as koningin van Nieu-Seeland) in die gebied van die Koninkryk. Die Goewerneur-generaal neem hoofsaaklik al die waardigheid en reserwe magte van die staatshoof oor. Die huidige Goewerneur-generaal is sedert 2011 Jerry Mateparae.

Soewereiniteit in die Koninkryk[wysig]

Cookeilande en Niue[wysig]

Hoofartikels: Cookeilande en Niue.

Die Cookeilande en Niue is selfregerende lande in vrye assosiasie met Nieu-Seeland. Die parlement van Nieu-Seeland is nie gemagtig om eensydig wetgewing ten opsigte van hierdie lande te gee. In buitelandse sake en verdediging kwessies Nieu-Seeland optree namens van hierdie lande nie, maar slegs met hulle raad en toestemming.

Nieu-Seeland[wysig]

Hoofartikel: Nieu-Seeland.

Nieu-Seeland bestaan uit die volgende eilandgroepe:

  • Die Noordeiland, die Suideiland en naburige eilande aan die kus, al behoort tot die 16 regione van Nieu-Seeland
  • Die Chatham-eilande in die ooste, behoort tot die Chatham-eilande-gebied
  • Die Kermadec-eilande in die noorde en sub-antarktiese eilande in die suide, alle is buite plaaslike owerheidsgrense geleë en word net bewoon deur 'n klein aantal van navorsings en bewaringspersoneel.

Tokelau[wysig]

Hoofartikel: Tokelau.

Tokelau het 'n mindere mate aan de jure onafhanklikheid as die Cookeilande en Niue het en het beweeg na 'n vrye assosiasie status. Nieu-Seeland se verteenwoordiger in Tokelau is die administrateur van Tokelau, wat die mag het om wette wat deur die algemene fono besluit is te verwerp. Die bevolking van Tokelau het in verskeie referendums, wat deur Nieu-Seeland uitgevoer en deur die Verenigde Nasies ondersteun is, teen 'n stelsel van 'n regering met gelyke magte soos die Cookeilande en Niue gestem.[3]

Ross-Afhanklikheid[wysig]

Hoofartikel: Ross-Afhanklikheid.

Die Ross-Afhanklikheid is grondwetlik deel van Nieu-Seeland.[4] Die Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland is asook die goewerneur van die Ross-Afhanklikheid. Die Ross-Afhanklikheid sluit die McMurdo-stasie in, wat bedryf word deur die Verenigde State, wat nie Nieu-Seeland se soewereiniteit oor Ross-Afhanklikheid erken nie. Die toepassing van soewereiniteit in die Ross-Afhanklikheid is daaropvolgend op die toepassing van terme wat in die Antarktiese Verdrag gevind is.

Gebiede van die Koninkryk[wysig]

Vlag Wapen Gebied Verteenwoordiger van die koningin Hoof van die Regering Wetgewer Hoofstad Bevolking Oppervlakte Bevolkingsdigtheid
Flag of New Zealand.svg Coat of Arms of New Zealand.svg Nieu-Seeland Goewerneur-generaal
Jerry Mateparae
Eerste Minister
John Key
Huis van Verteenwoordigers Wellington 4 422 700
(2012)
268 021 km² 16,5 / km²
Flag of the Cook Islands.svg Wapen van die Cookeilande.png Cookeilande Verteenwoordiger van die koningin
Frederick Tutu Goodwin
Eerste Minister
Henry Puna
Parlement van die Cookeilande Avarua 19 569
(2006)
240 km² 76 / km²
Flag of Niue.svg Public Seal of Niue.svg Niue Verteenwoordiger van die koningin
(Goewerneur-generaal van Nieu-Seeland)
Premier van Niue
Toke Talagi
Vergadering van Niue Alofi 1 398
(2009)
260 km² 5,35 / km²
Flag of Tokelau.svg Symbol of Tokelau.svg Tokelau Administrateur
Jonathan Kings
Ulu-o-Tokelau
(Hoof van die Raad van die voortdurende Regering)
Algemene Fono Geen 1 411
(2011)
10 km² 115 / km²
Flag of New Zealand.svg Coat of Arms of New Zealand.svg Ross-Afhanklikheid Goewerneur Uitvoerende Hoof Geen Scott Base Scott Base: 10–80;
McMurdo-stasie: 200–1000 (seisoenaal)
450 000 km² 0 / km²

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Grondwet van Nieu-Seeland, Regering van Nieu-Seeland, besoek op 10 Junie 2012.
  2. (en) Letters Patent Constituting the Office of Governor-General of New Zealand (SR 1983/225), Parlementêre Raadskantoor van Nieu-Seeland, besoek op 10 Junie 2012.
  3. (en) "Tokelau decolonisation high on agenda", The New Zealand Herald, 17 Mei 2008. URL besoek op 10 Junie 2012.
  4. (en) New Zealand and Antarctica, Nieu-Seeland se Ministerie van Buitelandse Sake, besoek op 10 Junie 2012.

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Nieu-Seeland Koninkryk van Nieu-Seeland (Realm of New Zealand) Wapen van Nieu-Seeland
CookeilandeNieu-SeelandNiueRoss-AfhanklikheidTokelau


 
Lande en gebiede in Oseanië
Australië | Fidji | Gefedereerde State van Mikronesië | Kiribati | Marshalleilande | Nauru | Nieu-Seeland | Palau | Papoea-Nieu-Guinee | Samoa | Solomoneilande | Tonga | Tuvalu | Vanuatu
Afhanklike gebiede: Australië: Norfolkeiland | Chili: Paaseiland | Frankryk: Frans-Polinesië | Nieu-Kaledonië | Wallis en Futuna | Nieu-Seeland: Cookeilande | Niue | Tokelau | Verenigde Koninkryk: Pitcairn | Verenigde State van Amerika: Amerikaans-Samoa | Baker-eiland | Guam | Hawaii | Howland-eiland | Jarvis-eiland | Johnston-atol | Kingman-rif | Midway-atol | Noordelike Mariana-eilande | Palmyra-atol | Wake-eiland

Lande van: Afrika Asië Europa Noord-Amerika Suid-Amerika


Koloniale ryke

Vlag van Verenigde State Amerikaans
Vlag van Frankryk Frans
Vlag van Noorweë Noors

Vlag van Australië Australies
Vlag van Oostenryk-Hongarye Habsburgs
Vlag van Ottomaanse Ryk Ottomaans

Vlag van België Belgies
Vlag van Italië Italiaans
Vlag van Portugal Portugees

Vlag van Verenigde Koninkryk Brits
Vlag van Japan Japannees
Vlag van Rusland Russies

Vlag van Denemarke Deens
Flag of Courland (state).svg Koers
Vlag van Spanje Spaans

Vlag van Duitse Keiserryk Duits
Vlag van Nederland Nederlands
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaans

Vlag van Engeland Engels
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelands
Naval Ensign of Sweden.svg Sweeds


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.