Koringberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koringberg
Ligging van Koringberg op 'n kaart (Wes-Kaap)
Koringberg
Koringberg
 Koringberg se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°2′S 18°40′O Koördinate: 33°2′S 18°40′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Swartland
Stigting 1923
Oppervlak[1]
 - Dorpie 3,86 km²  (1,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 1 214
 - Digtheid 315/km² (815,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 3.2%
 • Kleurling 84.9%
 • Indiër/Asiër 0.1%
 • Blank 11.3%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 95.5%
 • Engels 3.8%
 • Ander 0.7%
Poskode (straat) 7312
Poskode (posbus) 7312
Skakelkode(s) 022

Koringberg in die Swartland lê 6 km wes van die N7 nasionale pad tussen Piketberg en Moorreesburg en 15 km van beide dorpe. Dit is 116 km per pad en 146 km per spoor van Kaapstad. In die omgewing word hoofsaaklik met koring geboer, vandaar die dorp se naam. Teenswoordig word ook wingerddruiwe verbou.

Geskiedenis[wysig]

Hierdie kerkdorp is in 1923 gestig op die plaas Brakwater na onenigheid met en gevolglike afstigting van die NG gemeentes te Piketberg en Moorreesburg. Dit is aanvanklik Warren’s Camp genoem na die spoorweghalte.

Die dorpie het die laaste dekade gewild geraak by stedelinge wat die rus en vrede van die platteland wil ervaar. Beide die Bergrivier en die Misverstanddam is in die nabye omgewing geleë.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Koringberg”. Sensus 2011.