Kortvin-ghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kortvin-ghieliemientjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Barbus
Spesie: B. brevipinnis
Binomiale naam
Barbus brevipinnis
Jubb, 1966

Die kortvin-ghieliemientjie (Barbus brevipinnis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Sabierivier in Mpumalanga en sytakke van die Pongolarivier in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die shortfin barb.

Voorkoms[wysig]

Die lyf is kompak en die kop is kort. Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is deurskynend bruin aan die bokant en silwerwit aan die onderkant. Daar is 'n swart streep in die middel van die lyf. Tydens die broeityd word die mannetjies helder geel. Die vis word tot 45 mm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in die groot strome wat plantegroei in het en vreet klein ongewerweldes. Hulle broei in die lente en somer. Die vis word bedreig deur ontbossing, nuwe damme en uitheemse forel wat hier vrygelaat is en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]