Koster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koster
Ligging van Koster op 'n kaart (Noordwes)
Koster
Koster
 Koster se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°51′55″S 26°53′44″O Koördinate: 25°51′55″S 26°53′44″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Bojanala Platinum
Munisipaliteit Kgetlengrivier
Stigting 1860
Oppervlak[1]
 - Dorp 18,22 km²  (7 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 2 342
 - Digtheid 129/km² (334,1/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 25.6%
 • Kleurling 1.7%
 • Indiër/Asiër 9.6%
 • Blank 62.4%
 • Ander 0.8%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 72.9%
 • Engels 13.9%
 • Tswana 9.5%
 • Sotho 0.8%
 • Ander 2.9%
Poskode (straat) 0348
Poskode (posbus) 0348
Skakelkode(s) 014

Koster is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Bastiaan Hendricus Koster het hom in 1860 op die plaas "Kleinfontein" gevestig nadat hy vanaf Nederland geëmigreer het. Toe die spoorlyn vanaf Johannesburg na Mafikeng geopen het in 1910, is 'n halte op Kleinfontein opgerig. Die dorp Koster het later ontstaan rondom die halte. Koster het 'n dorp geword in 1913 en 'n munisipaliteit in 1930.

Distrik[wysig]

Die distrik is 2 700 km2 groot. Die Kosteromgewing is bekend vir mielieboerdery, asook leiklip- en diamantontginning. Op 11 November 1970 was die laaste diamantstormloop in Suid-Afrika hier gehou nadat diamante ontdek is. Die vonds was egter kortstondig.

Geografie[wysig]

Die distrik lê op die waterskeiding tussen die Oranjerivier en die Limpoporivier. Die Elands- en Kosterriviere vloei noord na die Limpopo en die Mooirivier suid verby Potchefstroom na die Vaalrivier.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Koster”. Sensus 2011.