Kraftwerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kraftwerk
KRAFTWERK im Kiew 01.jpg
Kraftwerk in lewende lywe in 2008 in Kiëf, Oekraïne
Oorsprong Düsseldorf, Duitsland
Genre(s) Elektroniese popmusiek, krautrock, avantgarde, dansmusiek, eksperimentele musiek, synthpop
Instrument(e) Stem, vocoder, synclavier, orrel, tubon, viool, elektroniese slagwerk, fluit, bas, tjello, kitaar, slagwerk
Aktiewe jare 1970 — hede
Uitgewer(s) Kling Klang, EMI, Astralwerks, Elektra, Warner Bros., Capitol, Vertigo, Philips
Webwerf kraftwerk.com
Lede Ralf Hütter
Fritz Hilpert
Henning Schmitz
Stefan Pfaffe
Gewese lede Florian Schneider
Houschäng Néjadepour
Plato Kostic-Riviera
Peter Schmidt
Charly Weiss
Thomas Lohmann
Eberhard Kranemann
Andreas Hohmann
Klaus Dinger
Michael Rother
Emil Schult
Wolfgang Flür
Klaus Röder
Karl Bartos
Fernando Abrantes
Assosiasies Organisation, Neu!
Portal.svg Musiekportaal

Kraftwerk (Duits: "kragsentrale") is 'n Duitse musiekprojek en musiekgroep wat deur Ralf Hütter en Florian Schneider in 1970 in Düsseldorf gestig en steeds aktief is.

Kraftwerk het danksy sy baanbrekerswerk op die gebied van elektroniese popmusiek internasionale bekendheid verwerf en in die 1970's en vroeë 1980's belangrike invloed op musiekstyle soos synthie-pop, electro-funk of Detroit Techno uitgeoefen. Die Amerikaanse dagblad New York Times het na die groep in 1997 as die "Beatles van elektroniese dansmusiek" verwys.[1]

In sy musiek verbind Kraftwerk drywende, herhalende ritmes met pakkende melodieë en 'n minimalistiese, suiwer elektroniese instrumentalisasie. Die groep se eenvoudige lirieke word soms deur 'n vocoder voorgedra of deur teks-tot-spraaksagteware gegenereer.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kraftwerk (kategorie)

Verwysings[wysig]