Kragsentrale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Susquehanna Stoom-elektriese Kragsentrale, 'n kernkragsentrale wat kookwater gebruik.

'n Kragsentrale of kragstasie is 'n industriële fasiliteit vir die opwekking van elektriese krag.

Die middelpunt van byna alle kragsentrales is die generator, 'n roterende masjien wat meganiese energie omskakel na elektriese energie deur die skepping van 'n relatiewe beweging tussen 'n magnetiese veld en 'n geleier. Die energiebron wat aangewend word om die generator te draai verskil wesenlik. Dit is hoofsaaklik afhanklik van die tipe brandstof wat beskikbaar is, en die toegang tot tipe tegnologie van die elektrisiteitsmaatskappy.