Krakeelrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Krakeelrivier
Ligging van Krakeelrivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
Krakeelrivier
Krakeelrivier
Koördinate: 33°49′0″S 23°44′0″O Koördinate: 33°49′0″S 23°44′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Kou-Kamma
Tydsone SAST (UTC+2)

Krakeelrivier is 'n nedersetting langs die rivier met dieselfde naam in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die nedersetting is geleë aan die noordelike hange van Formosapiek in die Tsitsikammaberge waar die Krakeelrivier ook ontspring. Bykans al die huise in die dorpie is langs die rivier gebou. Baie van die mense in die omgewing het die van, Strijdom. Hulle is nasate van Matthijs Strijdom wat die eerste leenplaas hier in 1770 verkry het. Die naam van die rivier is afgelei van die Nederlandse woord Krakeel wat baklei beteken. Dit is 'n verbeeldingryke beskrywing van wat die water maak waar die twee riviere saamvloei - die Krakeel is 'n sytak van die Kougarivier. Die vader van JG Strijdom, die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika (1954 - 1958) is hier gebore.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]