Krimpvarkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Krimpvarkie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Erinaceomorpha
Familie: Erinaceidae
Genus: Atelerix
Spesie: A. frontalis
Binomiale naam
Atelerix frontalis
A. Smith, 1831
Verspreiding
Verspreiding

Die krimpvarkie (Atelerix frontalis), ook bekend as die Suid-Afrikaanse krimpvarkie, kom voor in dele van Suid-Afrika en Namibië.

Bou en kleur[wysig]

Die hele lyf is bedek met swart en dofgeel pennetjies - vanaf die voorkop, oor die rug tot onder die sye. Die gesig is omraam met 'n strook wit hare wat strek van onder die ore tot bo-op die voorkop, bo-oor die oë. Die res van die gesig is swart of donkerbruin. Die soogdier het 'n spits snoetjie. Die bene en stert is bedek met grysbruin hare. Hulle massa is ongeveer van 236 - 480 gram en hulle word ongeveer 15 tot 20 cm lank. Daar is geen uiterlike verskille tussen die geslagte nie.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle kom in 'n verskeidenheid habitattipes voor, genoeg insekte en 'n droë skuilplek is 'n vereiste. Hulle eet kewers, termiete, motte, duisendpote, sprinkane, erdwurms en voëlkuikens terwyl hulle natuurlike vyande die leeu, luiperd en rooikat is. Een tot nege kleintjies word na 'n dratyd van ±5 weke gebore tussen Oktober en April. Hulle word tot 3 jaar oud.

Die diertjie loop meestal snags rond maar loop veral na reënbuie in die dag rond. Hulle het swak sig maar kan wurms en ander voedsel onder die grond ruik en uitgrawe. Hulle gaan in 'n tipe winterslaap (hiberneer) gedurende die winter. Hulle kom nog buite bewaringsgebiede voor.

As hy aangeval word rol hy homself in 'n stewige stekelrige bal op.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]