Kruger-telegram

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Kruger-telegram is die naam wat gewoonlik gebruik is vir 'n boodskap wat deur Wilhelm II, die Duitse keiser, na die Jameson-inval aan president Kruger gestuur is. Hierin wens die keiser pres. Kruger geluk met die suksesvolle afweer van die inval. Die doel van die inval was om Britse mynwerkers in opstand teen die regering te bring. Die poging misluk nadat 'n enkele Boerekommando 65 soldate van die invalsmag dood en die res as gevangenes neem.

Die telegram[wysig]

Dit is op 3 Januarie 1896 gestuur en het gelui:

Cquote1.svg My hartlike gelukwense dat jy en jou mense sonder om enige hulp van buite te vra, daarin geslaag het om met jul eie magte, die gewapende magte wat julle land binnegeval het, te verslaan en dat julle julle land se onafhanklikheid gehandhaaf het teen vreemde aggressie.
Cquote2.svg

Die telegram het groot aanstoot in Engeland gegee en tot verswakte betrekkinge met Duitsland gelei.

Bronne[wysig]