Kruisbessie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kruisbessie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Malvales
Familie: Malvaceae
Subfamilie: Grewioideae
Tribus: Grewieae
Genus: Grewia
Spesie: G. occidentalis
Binomiale naam
Grewia occidentalis
L.

Die Kruisbessie (Grewia occidentalis) is 'n klein boompie en word aangetref op die rande van woude en in oop droë veld, oop bosveld of as 'n semi-klimplant in immergroen woude. Die takke is dikwels dun en slaphangend of rankend van aard. Die blare groei drie-arig vanuit die basis. Die vrug is vierlobbig, vierkantvormig, 25 mm in deursnee en rooierig-bruin wanneer volwasse. Die blomme is meestal ligpers en sowat 30 mm in deursnee.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kruisbessie (kategorie)

Bron[wysig]