LaGuardia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
LaGuardia-lughawe
LaGuardiaairport.jpg
'n Lugfoto van New York se LaGuardia-lughawe
IATA: LGAICAO: KLGA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Stad van New York
Bedien New York Stad
Ligging East Elmhurst, Queens, New York Stad, New York, Verenigde State
Spil vir AirTran Airways
Delta Air Lines
Silver Airways
Fokuspunt vir Southwest Airlines
Gebou 1937-1939
In gebruik sedert 1939
Hoogte bo seevlak 21 vt / 6 m
Webtuiste laguardiaairport.com
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
04/22 2 134 7 001 Teer/beton
13/31 2 135 7 003 Teer/beton
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
m vt
H1 18 60 Teer
H2 18 60 Teer
Statistieke (2012)
Lugbewegings 371 565[1]
Passasiers 26 722 183[1]
Bron: Federal Aviation Administration

LaGuardia Lughawe is 'n lughawe wat die Amerikaanse metropool New York Stad bedien. Die lughawe is geleë op die waterfront van Flushing Bay. Die lughawe het eers Glen H. Curtiss Lughawe geheet na die lugvaartpionier Glenn Hammond Curtiss, daarna het sy naam verander na North Beach Airport en is later vernoem na 'n vorige burgemeester van New York, Fiorello LaGuardia.

In 1960 het die lughawe die eer toegeval as die beste lughawe ter wêreld. LaGuardia is die kleinste van die drie New Yorkse primêre kommersiële lughawens. LaGuardia is baie gewild omdat dit so sentraal geleë is. Die meeste vlugte van LaGuardia af, is na bestemmings binne Amerika en Kanada, sowel as na Aruba, die Bahamas en Bermuda.

In 2011 het die lughawe 365 870 vlugte en 24 122 478 passasiers hanteer.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]