La Spezia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
La Spezia
'n Panoramiese uitsig oor La Spezia
'n Panoramiese uitsig oor La Spezia
Ligging van La Spezia op 'n kaart (Italië)
La Spezia
La Spezia
Koördinate: 44°06′29″N 09°49′44″O Koördinate: 44°06′29″N 09°49′44″O
Land Vlag van Italië Italië
Streek Flag of Liguria.svg Ligurië
Provinsie La Spezia
Regering
 - Burgemeester Massimo Federici
Oppervlak
 - Stad 51,39 km²  (19,84 vk m)
Hoogte 10 m (30 vt)
Bevolking (31 Maart 2011)
 - Stad 95 303
 - Digtheid 1 841,96/km² (4 770,7/myl2)
Poskode 19100, 19121-19126, 19131-19139
Skakelkode(s) 0187
Webwerf: comune.sp.it

La Spezia is die hoofstad van die gelyknamige Italiaanse provinsie en met sowat 95 000 inwoners die tweede grootste stad van Ligurië. Sy seehawe trek voordeel uit 'n beskermde ligging in die Golf van La Spezia.

Geskiedenis[wysig]

Die naam Spezia verskyn vir die eerste keer in die 13de eeu, toe die stad onder die heerskappy van Genua gekom het. Die stad het egter 'n onbeduidende seehawe gebly, tot by die tydperk van die Franse Rewolusie en Franse Keiserryk, toe Napoléon Bonaparte dit tot 'n vlootbasis laat uitbou het.

Ná sy inlywing by die Koninkryk Sardinië deur 'n besluit van die Kongres van Wene het La Spezia vinnig gegroei, veral nadat die vlootbasis van Genua na La Spezia verskuif is.

Die stad en sy hawe, wat deur die Duitse Vloot gebruik is, is tydens die Tweede Wêreldoorlog deur gealliëerde bomaanvalle verwoes. Vandag is La Spezia die tweede belangrikste vlootbasis van Italië na Taranto.

Ekonomie[wysig]

Die hawe en skeepswerwe vorm die ekonomiese basis van die stad. Danksy die nabygeleë Cinque Terre speel ook die toerisme 'n belangrike rol. Teen die Magramonding oos van La Spezia lê die bouvalle van die Romeinse stad Luni, wat in die antieke tydperk sy naam aan die baai verleen het (Portus Lunae). Die dorpe Biassa, Campiglia en Marinasco in die omgewing van La Spezia is gewilde toeristebestemmings.