Laguna Beach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Laguna Beach
LagunaBeachCA photo D Ramey Logan.JPG

Ligging in Kalifornië Wapen
Orange County California Incorporated and Unincorporated areas Laguna Beach Highlighted.svg
LagunaBeachCitySeal.png
Orange County
OrangeCountyCA Map.gif
 Land Flag of the United States.svg Verenigde State
 Deelstaat Flag of California.svg Kalifornië
 County Orange County
 Koördinate 33°32′N 117°46′W
 Stigting 1887
 Geïnkorporeer op 29 Junie 1927
 Oppervlakte:  
 - Totaal 25,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 22 723
 - Bevolkingsdigtheid 890/vk km
 Tydsone PST (UTC -8)
Somertyd: PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 7-19 / 15-25 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 344 mm
 Burgemeester Toni Iseman
 Amptelike Webwerf Laguna Beach

Laguna Beach is 'n klein strandstad en kunstenaarskolonie in die suide van Orange County, Kalifornië, Verenigde State, sowat 31 kilometer suid-wes van Santa Ana, die administratiewe setel van Orange County.

Die stad het sy oorsprong in 'n Mormoonse nedersetting wat in die 1870's aan die Stille Oseaankus gestig is. Die natuurskoon van die omgewing met lang sandstrande, canyons en 'n huiwelreeks wat langs die kus loop het van Laguna Beach al in die vroeë 20ste eeu 'n gewilde toeristebestemming en 'n trekpleister vir Kaliforniese landskapskilders gemaak.

Vandag lok Laguna Beach, een van die welvarendste nedersettings in die deelstaat, jaarliks drie miljoen besoekers. Sy klein winkelbuurt, wandellane en openbare vervoerstelsel met trems maak van die stad 'n unieke paradys vir voetgangers in Suid-Kalifornië. Danksy die Pageant of the Masters-kunsfees, wat jaarliks in die somer plaasvind, en die Laguna-kunsmuseum, wat hom op Kaliforniese kuns toespits, is Laguna Beach steeds 'n stad van kuns.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Laguna Beach (kategorie)