Lancashire

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lancashire
FlagOfLancashire.svg
Vlag
Coat of arms of Lancashire County Council.png
Wapen
Lancashire UK locator map 2010.svg
Ligging in Engeland
Seremoniële graafskap Lancashire
Hoofstad Preston
Oppervlakte 3 079 km2
Bevolking 1 461 400 (2011)
Bevolkingsdigtheid 475 inw./km2
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
Streek Lancashire
Administratiewe setel Preston
ISO 3166-2: GB-LAN
Oppervlakte 2 903 km2
Bevolking 1 171 600 (2011)
Bevolkingsdigtheid 403,6 inw./km2
Webtuiste www.lancashire.gov.uk
Distrikte en Unitêre owerhede
Lancashire Ceremonial Numbered.png
  1. West Lancashire
  2. Chorley
  3. South Ribble
  4. Fylde
  5. Preston
  6. Wyre
  7. Lancaster
  8. Ribble Valley
  9. Pendle
  10. Burnley
  11. Rossendale
  12. Hyndburn
  13. Blackpool (Unitêre)
  14. Blackburn with Darwen (Unitêre)

Lancashire (uitgespreek /ˈlæŋkəʃər/, soms ook /ˈlæŋkəʃɪər/) is 'n nie-metropolitaanse graafskap in die noord-weste van Engeland. Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1,45 miljoen wat van Lancashire die agtste grootste graafskap volgens bevolkingstal maak.

Lancashire is een van Engeland se historiese graafskappe en vernoem na die stad Lancaster. Soms word na die graafskap ook as County of Lancaster (Graafskap Lancaster) verwys. Die graafskapsraad van Lancashire het sy setel tans egter in Preston. Daarnaas word ook die Royal Mail (Koninklike Posdiens) se afkorting Lancs gebruik om na die graafskap te verwys. Die graafskap se bewoners word in Engels Lancastrians genoem.

Die geskiedenis van Lancashire strek terug tot sy stigting in die 12de eeu. In die Domesday Book van 1086 word sommige dele van die huidige graafskap by Yorkshire gereken. Die land wat Inter Ripam et Mersam of "tussen die Ribble- en Mersey-riviere" geleë was, het vir belastingdoeleindes deel uitgemaak van Cheshire. Toe die aanvanklike grense van die nuwe graafskap afgebaken was, het dit aan Cumberland, Westmorland, Yorkshire en Cheshire gegrens.

Lancashire het gedurende die nywerheidsomwenteling tot een van Engeland se vernaamste nywerheids- en handelsentrums ontwikkel. Enkele honderd tekstielmeule en myne is in die graafskap gevestig. In die 1830's is sowat 85 persent van alle katoen, wat wêreldwyd vervaardig is, in Lancashire verwerk.[1] Preston, Accrington, Blackburn, Bolton, Rochdale, Oldham, Chorley, Darwen, Nelson, Colne, Burnley en Wigan was in dié tyd belangrike sentrums van die katoenbedryf, terwyl Blackpool 'n gewilde toeristesentrum vir die werkersgesinne van Lancashire geword het.

As deel van administratiewe hervorming is Lancashire se grense in 1974 ingrypend verander nadat Liverpool en Manchester met hul onmiddellike omgewings deel van die metropolitaanse graafskappe Merseyside en Groter Manchester geword het, terwyl gebiede in die noordelike Lake District, waaronder die Furness-skiereiland en Cartmel, by Cumbria ingesluit is. Die huidige graafskap grens aan Cumbria, Groter Manchester, Merseyside en Noord- en Wes-Yorkshire. Die Hertogdom van Lancaster (Duchy of Lancaster) oefen die regte van die Kroon in die gebied uit wat as County Palatine of Lancaster bekend staan en die graafskappe Lancaster, Groter Manchester en Merseyside insluit.

Verwysings[wysig]

  1. Robert Gibb: Greater Manchester: A panorama of people and places in Manchester and its surrounding towns. Myriad 2005, bl. 13