Lance Armstrong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lance Armstrong
NIH-lancearm2.jpg
Doopnaam: Lance Edward Gunderson
Geboorte: 18 September 1971; Plano, Texas, VSA
Tydperk aktief: 1991 - hede
Grootste prestasies: Tour de France (1999–2005)

Wêreldfietsrykampioen (1993)
Amerikaanse Nasionale Fietsrykampioen (1993)
Clásica de San Sebastián (1995)
La Flèche Wallonne (1996)
Brons Olimpiese spele (2000)
Tour de Suisse (2001)
Critérium du Dauphiné Libéré (2002, 2003)

Lance Armstrong is 'n Amerikaanse professionele padwedrenfietsryer. Hy het die Tour de France reeds 'n rekordbrekende sewe keer op 'n ry gewen, van 1999 tot 2005. Hy is die enigste deelnemer wat sewe keer gewen het: die vorige rekord was vyf keer.

In 1996 is dit bekend gemaak dat Armstrong met testikelkanker gediagnoseer is en dat hy slegs 20 to 40% kans op oorlewing sou hê. Sy behandeling het 'n brein- en testikeloperasie ingesluit, asook uitgebreide chemoterapie.

Armstrong tydens die 2004-Tour de France

Armstrong het reeds talle toekennings verower: In 1999 is hy deur die American Broadcasting Company benoem tot die Wêreldwye Atleet van die Jaar. In 2000 het hy ook die "Prins van Austurië"-toekenning gewen vir sy sportprestasies.[1] In 2002 is hy deur die tydskrif Sports Illustrated benoem tot die Sportman van die Jaar. Hy het in 2002, 2003, 2004 en 2005 die Associated Press se "Manlike Atleet van die Jaar"-toekenning gewen en in 2003, 2004, 2005 en 2006 ESPN se ESPY-toekenning vir Beste Manlike Atleet. Hy is ook in 2003 aangewys as die BBC se Oorsese Sportspersoonlikheid van die Jaar.

Armstrong het met die einde van die 2005 Tour de France op 24 Julie 2005 afgetree, maar het op 9 September 2009 bevestig dat hy na die wêreld van kompeterende fietsry sal terugkeer tydens die 2009-seisoen.[2]

Opkikker-skandaal[wysig]

In 2012 publiseer die Amerikaanse agentskap teen verbode middels (Usada) 'n verslag wat Armstrong van opkikker-misbruik beskuldig. Dit word as een van die mees gesofistikeerde, professionele en suksesvolle opkikkerprogramme nog in fietsry beskryf. Armstrong ontken aanvanklik die bewering, maar word later deur die UCI (Internasionale Fietsryvereniging) van sy medaljes gestroop, nadat hy nie teen die besluit appelleer nie. Die Internasionale Olimpiese komitee het ook besluit om die brons medalje wat hy tydens die Sydney Spele in 2000 gewen het van hom te ontneem. Hy het later in 'n onderhoud met Oprah Winfrey erken dat hy wel opkikkers gebruik het en daarvoor om verskoning gevra.[3][4]

Verwysings[wysig]

  1. Lance Armstrong”. URL besoek op 2008-09-15.
  2. Lance Armstrong Rides Again.”. Vanity Fair.
  3. Armstrong het drie weke om te appelleer, Nuus24, 11 Desember 2012
  4. 'Alles was een groot leuen' – Lance Armstrong, Nuus24, 18 Januarie 2013