Landingeslote land

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Landingeslote lande oor die wêreld (groen).

'n Landingeslote land is 'n land sonder direkte seetoegang. Binneseë soos die Kaspiese See en die Aralsee word nie in aanmerking geneem nie.

Van die tans 193 lidlande van die Verenigde Nasies is 44, ongeveer 1/4, landingeslote lande, waarvan twee - Liechtenstein en Oesbekistan - net aan ander landingeslote lande grens. Drie lande - Lesotho, San Marino en die Vatikaanstad - word net deur een enkele land omring en is daarmee enklawes. Sewe lande - Andorra, Bhoetan, Liechtenstein, Moldowa, die Mongolië, Nepal en Swaziland - is tussen twee lande geleë.

Die grootste landingeslote land in terme van oppervlakte is Kasakstan en die enigste een wat op twee kontinente - Asië en Europa - geleë is. Die landingeslote land met die hoogste bevolking is Ethiopië. Geen landingeslote land is op 'n eiland geleë nie, sodat almal oor die kontinentale landmassas versprei is. Daar is nie 'n landingeslote land in Noord-Amerika of in Oseanië nie.

Lys van landingeslote lande[wysig]

Land Oppervlakte in km² Bevolking Kontinent
Vlag van Afganistan Afganistan 647 500 29 117 000 Asië
Vlag van Andorra Andorra 468 84 082 Europa
Vlag van Armenië Armenië 29 743 3 254 300 Asië
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan 86 600 8 997 400 Asië
Vlag van Belarus Belarus 207 600 9 484 300 Europa
Vlag van Bhoetan Bhoetan 38 394 691 141 Europa
Vlag van Bolivië Bolivië 1 098 581 10 907 778 Suid-Amerika
Vlag van Botswana Botswana 582 000 1 990 876 Afrika
Vlag van Burkina Faso Burkina Faso 274 222 15 746 232 Afrika
Vlag van Burundi Burundi 27 834 8 988 091 Afrika
Vlag van Ethiopië Ethiopië 1 104 300 85 237 338 Afrika
Vlag van Hongarye Hongarye 93 028 10 005 000 Europa
Vlag van Kasakstan Kasakstan 2 724 900 16 372 000 Asië
Flag of Kosovo Kosowo 10 908 1 804 838 Europa
Vlag van Kirgisië Kirgisië 199 951 5 482 000 Asië
Vlag van Laos Laos 236 800 6 320 000 Asië
Vlag van Lesotho Lesotho 30 355 2 067 000 Afrika
Vlag van Liechtenstein Liechtenstein 160 35 789 Europa
Vlag van Luxemburg Luxemburg 2 586 502 202 Europa
Flag of the Republic of Macedonia Republiek van Macedonië 25 713 2 114 550 Europa
Vlag van Malawi Malawi 118 484 15 028 757 Afrika
Vlag van Mali Mali 1 240 192 14 517 176 Afrika
Vlag van Moldowa Moldowa 33 846 3 567 500 Europa
Vlag van Mongolië Mongolië 1 566 500 3 000 000 Asië
Vlag van Nepal Nepal 147 181 29 331 000 Asië
Vlag van Niger Niger 1 267 000 15 306 252 Afrika
Vlag van Oostenryk Oostenryk 83 871 8 396 760 Europa
Vlag van Paraguay Paraguay 406 752 6 349 000 Suid-Amerika
Vlag van Rwanda Rwanda 26 338 10 746 311 Afrika
Vlag van San Marino San Marino 61 31 716 Europa
Vlag van Sentraal-Afrikaanse Republiek Sentraal-Afrikaanse Republiek 622 984 4 422 000 Afrika
Vlag van Serwië Serwië 88 361 7 306 677 Europa
Vlag van Slowakye Slowakye 49 035 5 429 763 Europa
Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan 619 745 8 260 490 Afrika
Vlag van Swaziland Swaziland 17 364 1 185 000 Afrika
Vlag van Switserland Switserland 41,284 7,785,600 Europa
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 143 100 7 349 145 Asië
Vlag van Tsjad Tsjad 1 284 000 10 329 208 Afrika
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 78 867 10 674 947 Europa
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 488 100 5 110 000 Asië
Vlag van Uganda Uganda 241 038 32 369 558 Afrika
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 447 400 27 606 007 Asië
Flag of the Vatican City Vatikaanstad 0,44 826 Europa
Vlag van Zambië Zambië 752 612 12 935 000 Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 390 757 12 521 000 Afrika
Total 16 963 624 470 639 181
Persentasie van die wêreld 11,4% 6,9%

Sien ook[wysig]