Leeuwarden

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leeuwarden
Ljouwert
Die Waag van Leeuwarden
Die Waag van Leeuwarden
Vlag van Leeuwarden
Vlag
Wapen van Leeuwarden
Wapen
Ligging van Leeuwarden-munisipaliteit in Friesland
Ligging van Leeuwarden-munisipaliteit in Friesland
Koördinate: 53°12′00″N 5°47′00″O
Land Vlag van Nederland Nederland
Provinsie Frisian flag.svg Friesland
Regering
 - Burgemeester Ferd Crone (PvdA)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 84,10 km²  (32,5 vk m)
 - Land 79,16 km² (30,6 vk m)
 - Water 4,94 km² (1,9 vk m)
Bevolking (1 Februarie 2012)
 - Munisipaliteit 95 313
 - Digtheid 1 204/km² (3 118,3/vk m)
Poskode 8900 - 9089
Skakelkode(s) 058
Webwerf: www.leeuwarden.nl

Leeuwarden (Wes-Fries: Ljouwert) is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Friesland. Die munisipaliteit het sowat 95 000 inwoners (2012).

In 1435 is drie dorpe aan die Middelsee - Oldehove (Wes-Fries: Aldehou), Nijehove (Nijehou) en Hoek tot Leeuwarden saamgevoeg, wat in dieselfde jaar ook stadstatus toegeken is.

Leeuwarden spog met 'n pragtige binnestad en talle historiese geboue, wat tussen die Middeleeue en die 19de eeu ontstaan het. Besienswaardighede sluit die Grote Kerk (Jakobynekerk) uit die 15de eeu, die Oldehove-toring uit die 16de eeu, die Prinsessehof uit die 17de eeu, die Raadsaal van 1715, die Provinsiehuis (18de eeu), die Sint-Bonifatius-kerk (19de eeu), die Paleis van Justisie (1846), die Beurs (1880) en die Friesiese Letterkundige Museum (1883) in.

Die Prinsetuin is die park aan die noordkant van Leeuwarden se binnestad.

Leeuwarden beskik oor 'n professionele sokkerspan: SC Cambuur.